PROTEA AGENTE FLOREER… DIE SUKSESRESEP?

PUBLISHED 3 AUG 2016   

PROTEA bied 'n unieke waardeproposisie aan agente. 

  • Ons werk onder die gevestigde en suksesvolle PROTEA handelsmerk en geniet al die voordele van ‘n bemarkingsleier in die eiendomsmark.
  • Ons werk op ‘n uiters voordelige kommissie-struktuur vir nuwe en gevestigde agente en betaal geen tantieme (‘royalties’) of lessenaar-fooie nie.
  • Ons ontvang ‘n volledige suksespakket en selfoontoelaag om ons werk uitstekend te kan doen – ons dra dus geen uitgawe-risiko nie.
  • Ons geniet ‘n eksklusiewe area-fokus en kompeteer nie met mekaar nie.
  • Ons ontvang uitgebreide en gratis aanlyn blootstelling deur die PROTEA webtuiste, Facebook en Twitter en al die groot eiendomsportale, soos Property 24, My Property, Immoafrica en IOL Property.
  • Ons werk in ‘n virtuele kantooromgewing d.m.v die nuutste tegnologie en IT stelsel om produktiwiteit te verhoog en buigsaamheid te verseker, o.a. elektroniese dokumentargief, elektroniese brosjures, kontrakbestuur ens.
  • Ons ontvang uitstekende en deurlopende opleiding deur kenners in die mark.
  • Ons het toegang tot ‘n gevestigde netwerk van plaaslike kundiges, insluitend prokureurs, verbandkonsultante en ouditeure.

Indien jy belangstel om deel te word van die Protea-span, kontak ons gerus.

 

Sonja Bührmann

082 773 5768

sonja@protearealestate.co.za